Blogs

Waar om Afrikaanse leesstof te kry

Marietjie het 'n lys saamgestel van plekke en webwerwe waar mens Afrikaanse leesstof kan kry.

Die lys is hoofsaaklik vir Afrikaans-liefhebbers wat soos ons in Chrischurch bly, maar dit is ook heel handig vir mense wat elders (of in Suid Afrika!) woon.

Lees Waar om Afrikaanse leesstof te kry.


Spitbraai en Boere-opskop naby Invercargill - 5 Junie 2010

Waar: Taringatura Camp, between Dipton and Centre bush, 809 South Hillend-Dipton Road, Dipton West

Hoe laat: Na 6pm (teen 'n klein ekstra koste kan mens die dag vooraf arriveer om daar uit te kamp)

Koste: $10 per gesin & $10 per grootmens, $6 per kind (bring eie beddegoed / slaapsak)

Bring: Slaai of nagereg (laat weet vir Mary wat jy beplan om
te bring)

Kontak Mary of Pottie: marysg616@yahoo.co.nz

Bespreek voor 20 Mei 2010.


Dozi in Christchurch en Ashburton, Oktober 2010

Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland bring Dozi na Nieu-Seeland in Oktober 2010.

Die hoofkonsert is in Auckland op Saterdagaand 16 Oktober.

Vir meer inligting, kontak Die Afrikaanse Klub die.afrikaanse.klub@clear.net.nz.

Vir die Suid-Eiland been van sy toer is die inligting soos volg:

Christchurch

Op Saterdag, 23 Oktober 2010 tree Dozi op by die Aurora Centre Auditorium, Burnside, High School, 152 Greers Road, Burnside.

Kontakpersone:
Chris Basson (021 186 9703) van Safari Meats, 5 Buckleys Road, Linwood.
Werner Allers (027 389 6007) wj.allers@xtra.co.nz

Ashburton

Op Sondag, 24 Oktober tree Dozi in Ashburton op by die Ashburton Trust Event Centre, Wills Street 211, Ashburton (voorlopig 4 nm)

Kontakpersoon: Jan Joubert 03 302 6647 / 021 109 8941 of
jhjoubert@xtra.co.nz

 


Herfs Dans

1 Mei 2010

7 nm - middernag

Templeton Community Centre, 62 Kirk Rd, Templeton, Christchurch

Toegangsfooi: $10 per persoon, kinders onder 12 gratis.

Bring jou eie eet- en drinkgoed. Daar behoort biltong en droewors beskikbaar te wees om te koop

Geen hoëhakskoene nie asseblief.

Navrae by Werner en Jeanine Allers

(03) 347 3346, wj.allers@xtra.co.nz

Kaartjies moet vooraf bespreek en aangekoop word by Chris en Magda Basson, Safari Meats, 5 Buckleys Road, Linwood, Christchurch. Spring gou - daar is net 'n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.

 


South African Flava op Plains FM 96.6

Marlene en Cornelius Isaks bied 'n tweetalige radioprogram aan op Plains FM 96.6, in Afrikaans en Engels, met nuus van Suid-Afrika, inligting oor plaaslike gebeure, onderhoude, en oa Afrikaanse musiek. Sondae se program is het 'n Christelike tema.

Uitsaaitye:

South African Flava: elke Dinsdag 10:00 vm tot 10:55 vm

South African Sunday Flava: Sondae 2:00 nm tot 2:25 nm.


Steve Hofmeyr Mei 2010

Steve Hofmeyr kom terug na Nieu-Seeland en tree onder andere op die Suid-Eiland op.

Steve se konserttoer deur Nieu-Seeland is ‘n privaatonderneming deur Thys Oosthuizen met ondersteuning deur Fritz Swart. Vir meer inligting, kontak vir Thys Oosthuizen by togo@clear.net.nz.

Christchurch

Op Saterdag, 22 Mei 2010 tree Steve op by die Aurora Centre Auditorium, Burnside
High School, 152 Greers Road, Burnside.

Kaartjies beskikbaar by Chris Basson (van Safari Meats) en Werner Allers:

Werner Allers (027 389 6007) wj.allers@xtra.co.nz

Chris Basson (021 186 9703) van Safari Meats, 5 Buckleys Road, Linwood, Christchurch. Tel 03 389 7703

Koste: Volwassenes en kinders bo 12 jr $25, kinders 6 tot 12 $15 en onder 5 gratis.

Ashburton

Op Sondag 23 Mei tree Steve in Ashburton op by die Ashburton College
Auditorium, Wallnut Avenue, Ashburton

Kontakpersoon: Jan Joubert 03 302 6647 / 021 109 8941 of jhjoubert@xtra.co.nz

Kaartjies is beskikbaar by Henriette by UFS Apteek, East Street, Ashburton 03 308 6661 of Howard Andrew 027 392 6945/308 5253.

Koste beloop: Volwassenes $22, kinders 12 en onder $15


Afrikaans in die Christchurch Biblioteek

Net 'n herinnering vir almal wat Afrikaans-lesend is en in Christchurch woon, dat die "Central Library", in Gloucester Street Afrikaanse boeke, tydskrifte en CD's beskikbaar het vir ons om uit te neem sedert 2008.

Dis 'n klein versameling, maar daar 'n paar Afrikaanse kinderboeke en storie CD's in die kinderbiblioteek op die grondvloer. Op die eerste vloer by die World Language Collection is daar 'n paar Afrikaanse boeke (fiksie en nie-fiksie) en tydskrifte. As jy 'n biblioteeklid is, mag jy dit gratis uitneem. Boeke word vir 'n maand uitgeneem en tydskrifte word vir 'n korter periode uitgereik.

As jy nie kans sien om stad toe te gaan nie, kan jy boeke via hul webwerf bestel met jou biblioteekkaartjie. Daar is 'n klein koste aan verbonde maar die boek sal dan na jou plaaslike biblioteektak gestuur word sodat jy dit daar kan kry. Boeke kan ook by enige Christchurch City Library tak ingehandig word.

Blykbaar is daar nogal baie beweging in die versameling van tyd tot tyd, maar dit
klink asof baie mense nie bewus is dat die kinderboeke geskuif het nie en daarom lyk of dit nie baie gebruik word nie. Hoe meer ons dit gebruik, hoe groter is die kans dat die versameling uitgebrei kan word. Daar is hoeka nou 'n klompie nuwe boeke op pad wat die Biblioteek vir ons Afrikaanse lesers bestel het.

As jy Afrikaanse boeke het waarvan jy wil ontslae raak, kontak my gerus vir meer inligting by marietjie@swart.co.nz As dit nuwerige boeke is (boeke wat in 'n goeie toestand is en wat jonger as 3 jaar is) kan dit in die versameling opgeneem word. As dit ou boeke is, kan dit dalk geskenk word aan die biblioteek se World Language Collection. (Die biblioteek verkoop ou boeke teen 'n nominale bedrag vir stuiwing van hul fondse.)

Die biblioteek reageer graag op terugvoer, en by die boekrak is 'n terugvoer boksie waarin jy dit kan pos. Terugvoer kan wees om probleme of komplimente deur te gee, asook om te se watter boeke jy graag in die versameling wil sien indien daar weer nuwe boeke aangekoop word.


Culture Galore 2010

Op Saterdag 13 Maart 2010, tussen 12 en 4 nm, vind die jaarlikse Culture Galore fees weer plaas in Ray Blank Park, Maidstone Road in Avonhead.

Culture Galore word deur die Stadsraad gereel vir verskeie etniese groepe wat in Christchurch woonagtig is, en maak deel uit van die Summer Time.

Daar is allerlei kos en kuns te koop beskikbaar van verskeie van die etniese groepe wat in Christchurch woonagtig is. Dit klink of daar oa boereworsbulle op die spyskaart gaan wees ;-)

Dalk wil jy self ietsie verkoop - kontak gerus een van die SAFONZ organiseerders:
Werner Allers wj.allers@xtra.co.nz
Chris Basson safarimeats@ihug.co.nz
Pieter Brink brinkies@xtra.co.nz


Piet Smit in Christchurch

Piet Smit, bekende Gospelsanger, het min bekendstelling nodig. Vir my sal hy altyd sinoniem wees met die Oorwinningslied, 'n lied wat ons "anthem" was by Lewensverrykingskursus naweekseminare wat ons bygewoon het.

Hier is 'n Nederlandse weergawe van die beminde lied op YouTube.

Die goeie nuus is dat Piet vir sy broer Basie kom kuier in NZ en selfs 'n draai by die Afrikaanse Kerk in Christchurch kom maak.

Die Piet Smit konsert vind plaas op 17 Februarie 2010, om 7.30 nm in die Yaldhurst Memorial Hall.

Koste: Maak 'n donasie by die deur.

CDs sal verkoop word.

Slegs 'n beperkte hoeveelheid sitplekke is beskikbaar.


Die Suid-Eiland van NZ Potjie Koning Kompetisie

SAFONZ se soektog begin vir die Suid-Eiland Potjie Koning: wie is die beste in die Suide?

27 Februarie 2010, 11h00 by The Groynes
(inskrywings sluit op 20 Februarie 2010)
Inskrywingsfooi per span beloop $20

Die reels:

  • Elke span moet minstens uit 2 persone bestaan
  • Daar moet ten alle tye 'n spanlid by die stalletjie wees
  • Enige grootte drie-poot pot kan gebruik word
  • Alle voorbereiding moet op die perseel geskied
  • Alleenlik gas mag gebruik word

Om saam te bring:

  • Jou eie gas om die hitte te voorsien (ons mag nie oop vure gebruik nie)
  • Eie bestanddele
  • Jou eie kombuisgereedskap en eetgerei

Spanne moet tussen 11.00 - 11.30 begin kook

Die beoordeling vind deur die loop van die dag plaas en die finale beoordeling is om 16.00.
Die beoordelaars se beslissing is finaal.
Vanaf 17.00 vind die prysoorhandiging plaas.

Beoordeling geskied op grond van

  • Oorspronklikheid
  • Stalletjie
  • Rou bestanddele
  • Bykosse
  • Potbrood / Nagereg
  • Omgewing
  • Toebehore
  • Eetgerei
  • Drinkgoed
  • Algehele prentjie
  • Voorkoms van die pot
  • Smaak
  • Persoonlikheid
  • Familie / Span


Inskrywings vir die Christchurch kompetisie kan gedoen word by Chris Basson, Safari Meats, 235 Linwood Ave, Linwood. Chris het ook Potjiekos resepteboeke beskikbaar by Safari Meats teen $45 elk.

Verskeie streeks Potjiekos Koning-uitdun kompetisies in verskillende streke van die Suid-Eiland word beplan. Streekswenners is verantwoordelik vir hul eie reis en verblyfreelings in Christchurch gedurende die Finale kompetisie Die Suid Eiland Finale sal in Christchurch plaasvind, ongeveer gedurende Oktober 2010.

 

Meer oor SAFONZ:

SAFONZ is nie 'n sosiale klub nie, maar is gestig om funksies vir Suid Afrikaners te reël. Die kommiteelede se kontakbesonderhede is:

Werner Allers wj.allers@xtra.co.nz
Chris Basson safarimeats@ihug.co.nz
Pieter Brink brinkies@xtra.co.nz

 


Syndicate content