Blogs
Canterbury Somerdans
5 Desember 2009 tussen 6 nm - 12 nm
Toegangsfooi: $10 per persoon, kinders onder 12 gratis.
Bring jou eie eetgoed en drinkgoed.
'n Springkasteel vir die jongspan sal beskikbaar wees.
Geen hoëhakskoene nie asseblief.
Jou top 10 liedjie versoek kan aangevra word by brinkies@xtra.co.nz
Daar sal biltong en droewors beskikbaar wees om te koop.
Voorafbespreking is noodsaaklik want daar is slegs 'n beperkte
hoeveelheid kaartjies. Laasjaar se dans was baie gewild.
Bespreek nou by Werner en Jeanine Allers
(03) 347 3346, wj.allers@xtra.co.nz
Kaartjies is ook beskikbaar by Safari Meats, 5 Buckleys Road, Linwood, Christchurch.
Nádine kom sing 10 en 11 Oktober op die Suid-Eiland van Nieu-Seeland
Die gewilde jong sangeres Nádine gaan op 3 Oktober 2009 by die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland se KiwiKasie-fees in Auckland optree. Daarna gaan sy regoor Nieu-Seeland toer:
Saterdagaand, 10 Oktober, Christchurch
Die reelings vir die Christchurch konsert word deur die Afrikaanse Christenkerk van Christchurch behartig.
Datum: 10 Oktober 2009
Tyd: 7.30nm
Plek: Aurora Centre Auditorium
Burnside High School, 151 Greers Road
Toegang: $20 per volwassene, $15 per kind onder 12
Navrae: Tienie Bekker 03-323-8561 tienie@paradise.net.nz
Kaartjies: Safari Meats, Linwood, 03-389-7703 (Chris of Magda)
Sondagmiddag, 11 Okober, Ashburton
Die reelings vir die Ashburton konsert word deur Jan en Arna Joubert
hanteer.
Datum: 11 Oktober 2009
Tyd:4nm
Plek: Ashburton Trust Event Centre
211 Wills Street, Ashburton
Toegangsfooi: Volwassenes $19 en kinders onder 12 $13
(dit sluit die $2 oor die toonbank bespreking in van Ticket Direct)
Kaartjies kan by die Ashburton Trust Event Centre of by enige Ticket Direct kantore gekoop word, of aanlyn by www.ticketdirect.co.nz
Navrae: Jan en Arna Joubert 03-302-6647 jhjoubert@xtra.co.nz.
Ons het Nádine ‘n paar jaar gelede as 'n kinderster leer ken. Sy het met treffers soos Krappies en Krefies, asook later in duet met Steve Hofmeyr in Kaapse Draai, in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte gekruip.
Hierdie goue meisie se "This Time I Know" is November 2008 uitgereik en haar aanhangers en resensente is gaande daaroor.
Hier is een van Nádine se musiekvideo's, "Hoor hoe klink my hart":
Sjarmante musiekvideo deur Stef Bos en Amanda Strijdom
Die Taal van mijn hart, gesing deur Stef Bos en Amanda Strijdom. Stef en Amanda is 'n goeie sangpaar en dit is interesant om te hoor hoe hulle dieselfde liedjie in Afrikaans en Nederlands sing. Dit is visueel ook interesant, kyk uit vir die pragtige kombinasie van windpompe en windmeulens.
Kersdienste in Christchurch en Ashburton
Christchurch
Die Afrikaanse Christem n Kerk van Christchurch se Kersdiens is op Donderdag die 25ste Des om 9vm.
Daar is ook 'n Middernagdiens op Woensdag die 31ste Des om 11nm (23:00).
Die dienste word gehou in die Yaldhurst Memorial Hall, hoek van Yaldhurst en Pound Roads.
Ashburton
Op 21 Desember word 'n Kersdiens in Ashburton gehou, om 3 nm, in die Evangelical Presbyterian Church, 63 Princes Street, Ashburton.
Die prediker is Ds Tienie Bekker van Christchurch. Na die diens is daar tyd vir lekker kuier. Bring gerus 'n bordjie eetgoed saam om saam met die tee te geniet.
Suider Afrikaanse kuiers in Desember 08
Jan en Arna Joubert het laat weet:
Eindjaarfunksie in Suid-Canterbury
Plek : Hockey Pavillion,Walnut Avenue ,Ashburton
Datum :6 Desember
Tyd:Vanaf 4 nm
Dit sal in die vorm van 'n bring en braai wees en daarna sal ons heerlik saam kan kuier en dans.Wicus Pelzer van Timaru het ingestem om vir ons die musiek te verskaf.
Die koste sal $ 2,00 per persoon wees.
Vertel vir u Ex Suid-Afrikaanse/Zimbabwer/Namibiese vriende van die groot kuier en ons hoop om u een en almal daar te sien.
Kontak: jhjoubert@xtra.co.nz
(03) 302-6647
Besoek ook
http://www.ackchristchurch.co.nz/html/dienste.html vir meer inligting oor die dienstye in Suid-Canterbury
Werner en Jeanine Allers het laat weet:
Suid-Afrikaanse Sokkie Dans
6 Desember 2008, 7 nm (19h00) - 12 nm (24h00)
Templeton Community Hall, 62 Kirk Street, Templeton
Koste: $7 per persoon, $20 per gesin
Bring eie kos en drinkgoed saam.
Wye verskeidenheid musiek beskikbaar - Sakkie-Sakkie; Afrikaanse musiek; musiek van 60's tot 2008
Ongelukkig word stiletto's (hoehakskoene) nie op die dansvloer toegelaat nie
Daar sal 'n springkasteel vir die kleingoed wees
Vir enige navrae, kontak wj.allers@xtra.co.nz
Tel 03 347 3346
Rosanne Hawarden van SINZASA het laat weet:
SINZASA Christmas Function
Note in your diary Sunday, 7^th December for a game of Last Man Stands Cricket and Christmas Braai from 11am to 4pm, Christchurch Boys High Cricket Pavilion Straven Road. Check out the website for more on Last Man Stands both www.sinzasa.org.nz
email: info@sinzasa.org.nz
website: www.sinzasa.org.nz
Alan Webster uit Southland het laat weet:
Southland Xmas function
We are planning our Xmas function for 13 December. We have decided that for this years Xmas function we will have a few pork roasts on the spit. The normal Christmas tree and you can get your children something small to put under the tree for Santa to hand out. Please make sure your children's names are clear on the gifts. Further info will be sent to you.
Alan need to know before 28^th of November how many people to expect.
Contact him atAlan.Webster@fonterra.com
Rooi Rose en Huisgenoot in Christchurch se biblioteek
Christchurch se hoofbiblioteek het nou die Rooi Rose en Huisgenoot op die Afrikaanse rak.
Op die oomblik is hierdie tydskrifte nie om uit te neem nie, maar ons verneem dat ouer uitgawes binnekort wel uitgeneem sal kan word.
Wat wil jy graag uitneem?
Christchurch se biblioteek is op die punt om nog boeke en tydskrifte te bestel.
As jy 'n lid van Christchurch se biblioteek is, hierdie is jou kans om hulle te laat weet wat jy graag wil lees!
Skryf gerus aan afrikaans@swart.co.nz en laat weet ons:
Watter boeke wil jy graag uitneem (titels en outeurs)
Watter tydskrifte sal jy gereeld uitneem (bv. Finesse, Leef, Rooi Rose, Sarie, Tuis, Weg)
Baie dankie by voorbaat - ons sal jou terugvoer na die biblioteek aanstuur.
Waar is al die boeke heen?
Waar is al die Afrikaase boeke in Christchurch se hoofbiblioteek heen? Uitgeneem, natuurlik.
Ja sowaar, Christchurch se Afrikaans-sprekende inwoners het die nuwe versameling Afrikaanse boeke amper heeltemal uitgeneem.
As jy lus is om Afrikaans te lees en na die hoofbiblioteek toe gaan, is daar dus 'n kans dat heelwat van die Afrikaanse boeke uitgeneem sal wees.
Ons stel voor dat jy eers die versameling op die biblioteek se webwerf deurkyk (en dalk die boeke wat jy wil uitneem reserveer).
Die elektroniese katalogus werk so:
1. Besoek http://christchurchcitylibraries.com/
2. Kliek bo aan die webblad op ‘catalogue'
3. 'n Nuwe bladsy sal laai
3. As ‘Central' vertoon, kliek op ‘Just Enter'. (‘Tale van die Wêreld' word in die ‘Central'-tak geberg)
4. Die katalogusbladsy sal laai
5. Kies ‘By Language' as ‘Afrikaans'
6. Tik in ‘Afrikaans', 'Afrikaans fiction', 'Afrikaans nonfiction', of 'childrens stories Afrikaans'
7. Kliek op die ‘Subject' knoppie
Library Project Thank You's
We wish to thank the City Council for adding Afrikaans to their World Language Collection. The World Language collection reflects the increasing cultural diversity in Christchurch. The aim is to support cultural / language groups of a significant size, living in Christchurch. We appreciate all the hard work and money that already went into this collection - special thanks to the people at the library eg Carolyn Robertson, Libraries and Information Manager of Christchurch City Libraries, Jill Richardson, the Ethnic Services Advocate , Ann Ready, Content Manager, Elaine Sides, Selection & Access Team Leader. Also for the rest of the Council - thank you for your advise and encouragement. We were encouraged by councilors such as Lady Faimeh Burke who knows how important it is to integrate migrants, as happy migrants are an asset in the community.
Our sincerest thank you, goes to The Afrikaans Club of New Zealand. Although they are mainly based in the Auckland North Shore, they are doing much for Afrikaans culture in New Zealand. The Afrikaans Club did much to help us encourage us as well as promoting and arranging the Library project. They also donated 50 new books and $2 000 for the Christchurch Library to expand the Afrikaans collection and we thank them for their generosity in spirit and funds. A special thank you to Philip Langenhoven and Thys Oosthuizen from the Club. Do visit their website
www.afrikaans.org.nz
A big thank you goes to the South Island of NZ Association of Southern Africans (SINZASA for short). We received lots of feedback from SINZASA members. Special mention needs to be made to Rosanne Hawarden who encouraged and promoted this project from the very start and we thank her - as a first language English speaker - that she cares so much about Afrikaans speaking people.
Thank you to the Afrikaans community who responded to our surveys and gave feedback and asked for the collection. It is up to us as community to make the best use of this special collection.
MarietjieAfrikaanse boeke nou beskikbaar in Christchurch om uit te neem
Afrikaans het die 13e taal geword in die hoofbiblioteek se Tale van die Wereld afdeling. Nou het die Tuinstad se Afrikaanse lesers toegang tot boeke in hul moedertaal. Vir my persoonlik was dit 'n lank gekoesterde droom wat waar geword het. Dit sou 'n onvervulde droom bly as julle nie terugvoer oor die biblioteekprojek gegee het nie. Groot dankie vir julle!
Vir my - en ek glo vir al die ander Afrikaanssprekendes ook - was dit 'n emosionele oomblik om die nuwe versameling te kon ervaar. Die boeke is gekies in ooreenstemming met terugvoer van die gemeenskap oor wat hulle in so versameling sou wou sien.
Daar is veral gevra vir kinderboeke, fiksie, literere werke en Afrikaanse resepte - wat vir ons gegee is. Boonop is alles spiksplinternuut. Die boeke het alreeds baie vreugde verskaf en gaan nog baie genot gee - soos daar van al die "oe's en "aah's afgelei kon word.
As jy na die biblioteekkatolgus wil kyk, doen die volgende:
1. Besoek http://christchurchcitylibraries.com/2. Klik bo aan die webblad op ‘catalogue'
3. 'n Nuwe bladsy sal laai
3. As ‘Central' vertoon, klik op ‘Just Enter'. (‘Tale van die Wêreld' word in die ‘Central'-tak geberg)
4. Die katalogusbladsy sal laai
5. Kies ‘By Language' as ‘Afrikaans'
6. Tik in ‘Afrikaans', 'Afrikaans fiction', 'Afrikaans nonfiction', of 'childrens stories Afrikaans'
7. Klik op die ‘Subject' knoppie
Sommige boeke se titels is welbekend en ander skrywers is baie geliefd en ander lyk na opwindende leesgenot.
'n Paar lusmakers:
Die versameling spog met fiksie van outeurs soos Alba Bouwer (Rivierplaas), Annelie Botes , Andre Brink, Sarah Du Pisanie, Jeanne Goossen, Ena Murray, Elsa Joubert, Maretha Maartens, Dalene Matthee, Marzanne Leroux-Van der Boon, Karel Schoeman
Digbundels soos deur Elizabeth Eybers, Antjie Krog, Tydskrif (met gedigte in waarmee ons grootgeword het),
Resepteboeke soos Mariette Crafford se nuwe Sonskynkaffee, Christelle Erasmus se Gesinskos, Top 500 Wenresepte soos saamgestel deur Carmen Niehaus, Magdaleen van Wyk se Tradisionele Suid-Afrikaanse Kookkuns
Boeke met 'n Christelike strekking deur skrywers soos Maretha Maartens, Stephan Joubert , Nina Smit, Angus Buchan
Vir kinders is daar Waar is Weg, ABC vir Aspattte, Die Volledige Sprokies van Grimm soos vertaal deur Marita van der Vyver, Louise Smit se Haasdas, mooi klank CD's
En nog baie meer....
In die lokaal is daar is ook 'n voorstelboksie waarin mens kan terugvoer gee. Biblioteke gedy op terugvoer - as jy die terugvoerboksie wil gebruik om 'n briefie te pos om dankie te se vir die versameling, doen so - die biblioteekbestuur weet dan dat hulle op die regte spoor is. Of as jy 'n spesiale versoek het van iets wat dalk 'n aanwins kan wees - gee dit gerus deur.
Dit is nie 'n groot versameling nie maar die potensiaal is daar dat dit redelik vinnig kan uitbrei. As jy graag 'n spesifieke boek wil he en nie verniet wil ingaan stad toe nie - bespreek dan liewer die boek sodat hulle dit vir jou kan aanstuur na jou plaaslike tak.
Terug by gister se funksie:
Carolyn Robertson - Die Biblioteekbestuurder het 'n toespraak gemaak en verduidelik dat die versoek vier jaar gelede om 'n Afrikaanse versameling te he, aanvanklik van die hand gewys is omdat daar te min Afrikaans mense was wat so versameling kon benut. Om 'n buitelandse versameling op die been te bring, kos baie geld en tyd vir die Stadsraad (en ons "rate-payers") en kan nie ligtelik geneem word nie. Die besluit is egter in herwoorweging geneem nadat die biblioteek gesien het die Afrikaanse getalle groei en dat die terugvoer wat hulle van Afrikaanse mense gekry het, die rede was waarom hulle die besluit laasjaar goedgekeur het.
Ons se dus dankie vir julle wat gevra het daarvoor - want dit is julle motiverings wat die ding gedoen het. Ek deel 'n paar met julle:
N het gese: Because we have a rich culture heritage and really good literature
'n Ma skryf: Afrikaans is my first language and I would very much like to raise my child to be able to speak and understand Afrikaans. Nog 'n ouer skryf: It is of extreme importance to us that our son grows up bilingual. And we find it hard to expand his Afrikaans vocabularly by just having conversations and would love to have some reading material for him to assist us. Research has shown a child growing up speaking two different languages, develops a diffirent part of his brain. And that is important as well.
Carolyn het een van die terugvoere gelees wat hulle hartsnare geraak het en waarmee sy haar toespraak afgesluit het - en ek haal aan wat C, een van ons respondente geskryf het:
"Growing up in SA and moving to another country, leaving your culture and heritage behind, is extremely difficult. The problem is, besides getting use to new customs and ways of your new country, NOTHING IS FAMILIAR. This makes the transition process even more difficult, traumatic and stressful. To be able to have Afrikaans books, to read in your own mother tongue, for the children as well, give a sense of security and a feeling of belong. If I can collect an Afrikaans book from the local library, I know the immigration transition will be complete - then I will feel that now I am 'home'."
Daarna was Jaco Swart (my man en die ander helfte van Afrikaans in Christchurch) aan die beurt het het hy dankie gese aan die baie mense betrokke by hierdie biblioteekprojek - veral die mense verbonde aan die Biblioteek wat uit hul pad gegaan het vir ons en omtrent 200 nuwe boeke aangekoop volgens 'n profiel wat van die terugvoerders ontvang is.
Dit was ook sy voorreg om die boodskap van die Afrikaanse Klub te kon voorlees - van die inligting is op ons webblad afrikaansinchristchurch.org.nz beskikbaar. Die Klub het reeds 50 nuwe boeke, hoofsaaklik van Lapa Uitgewers, aan die versameling geskenk om die biblioteekversameling mee aan te vul. Die verassing was baie groot toe die Die Afrikaanse Klub van Nieu Zeeland - wat alhoewel in Auckland gebasseer - sy toewyding aan 'n nasionale fokus op Afrikaans geldelik gedemonstreer het. Die Klub het 'n skenking van $2,000 aan die Christchurch Sentrale Biblioteek beloof, om nuwe Afrikaanse boeke mee aan te koop. Die Afrikaanse Klub het gese dat hulle graag wil he dat dit nie vir die Biblioteek net moet voel dat ons Afrikaanssprekendes vra vir "handouts" nie en dat ons ons self ook wil bele in ons ons kultuurerfenis.
Afrikaanse Klub, duisend dankies vir jul hulp met raad en daad met hierdie saak vandat hierdie saak net 'n gedagte was. Dit was immers na ons 'n paar jaar gelede gesien het dat die Browns Bay biblioteek Afrikaanse boeke gekry het dat ons die plaaslike biblioteek hier gevra het of hulle dit nie vir ons Afrikaanse gemeenskap ook kon doen nie. Baie dankie vir al die proeflees van ons versoekskrifte, die help adverteer van die peilings wat ons deur julle Brokkies nuusbriewe gedoen het, die donasie van boeke en die rojale geldelike donasie. Julle belegging in die kultuurbelang van die Afrikaanssprekendes in Christchurch word opreg waardeer.
Na die toesprake klaar was, was dit tyd vir aksie.
Die nuwe Afrikaanse boekrak was netjies toegebind met 'n rooi lint - en daar kry die uwe 'n sker om die versameling te open (en die lint te knip). Ek moet bieg - dit was 'n heerlike gevoel.
Daar was heerlike tradisionele soetgoed - koeksisters en melktert - vir die okkasie gemaak en na die praterye verby was, is die teetrollie ingewiel en kon ons boeretroos en heerlike verversings kry. Intussen is daar heerlik geklets, gekuier en boeke bewonder en uitgesoek.
Dit was 'n pragtige geleentheid met die Stadsraad se mediaspan wat ook teenwoordig was.
Onthou, biblioteeklidmaatskap vir Christchurch City Libraries is gratis vir mense wat in Christchurch woonagtig is maar mense wat buite die grense van die stad woon, is ook baie welkom om die versameling te gebruik teen 'n nominale fooi. Of kom bring 'n oggend of 'n middag in die biblioteek deur. Interessant, daar word 'n aantekening gemaak selfs van boeke wat in die lokaal hanteer en gelees word en deur personeel teruggesit word.
Baie dankie aan elke persoon wat Woensdag in gees of persoon daar was. Die Afrikaanse Klub was teenwoordig met die treffende toespraak wat Philip Langenhoven geskryf het, en Jaco kon voorlees. Daar het behoorlik 'n gonsing deur die gehoor gegaan met die aankondiging dat Die Afrikaanse Klub 'n skenking aan die biblioteek maak.
Dit was baie lekker om Rosanne Hawarden van SINZASA (South Island of New Zealand Association of Southern Africans) daar te he. SINZASA het ook baie gedoen om die idee van 'n Afrikaanse boekversameling te bemark deur op hul webblad en in die Indaba daaraan blootstelling te gee. Ons het baie waardevolle terugvoer van SINZASA lede gekry deur behoeftebepalings. Soos Rosanne self se, "by offering this service Christchurch City Libraries acknowledges the growth of our South-African community in Canterbury". Baie dankie vir alles wat jy gedoen het Rosanne.
Onthou egter dat 'n onbenutte versameling gesluit kan word. Vertel jou Afrikaanse vriende, asook nuwe aankomelinge hiervan sodat mense bewus is daarvan. Baie dankie vir almal wat die vorige boodskappe versprei het - dit is soms die enigste manier wat mense van geleenthede hoor.
Nou moet ons - ek en jy - die boeke geniet en gebruik. As daar 'n boek is wat in die katalogus is en wat jy graag wil uitneem, bespreek hom as jy van ver kom om te verseker dat jy nie onnodig kom nie. Maar bygese, met sulke mooi boeke beskikbaar is die kans nie groot dat jy met lee hande sal uitstap nie as jy net kom rondsnuffel.
Voor ek afsluit - Hannetjie Scholtz en Rosa Thalwitzer - baie dankie vir die lekker eetgoed wat julle gemaak het vir die biblioteekbekendstelling.
Mooi bly en lekker leesMarietjie