Blogs

Danie Niehaus in Christchurch op Oukersaand

Sanger Danie Niehaus kom toer hierdie Kerstyd deur die land, as gas van Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland.

Op Maandag 24 Desember 2007 tree hy in Christchurch op, by die Rosebank Estate Winery Restaurant. 'n Heerlike Ou-kersaand-kuier met ete en konsert word beplan.

(Die Rosebank Restaurant restaurant is onlangs deur Johann en Hannetjie Scholtz oorgeneem, en is nou net die plek vir top gehalte biefstukke, ribbetjies en seekos in Suid-Afrikaanse styl.)

Kaartjies:

Volwassenes $25; Hoërskool- en Intermediêr $15; Laerskool en voorskools $10.

Ete (Bobotie en Rys) $5 per ete.

Kaartjies vooraf te koop by Outside Africa, Shop 1, Branston Centre, 383 Main South Road, Hornby

Skakel Johann en Hanna Scholtz by 03 323 7353 vir meer inligting of e-pos na rosebank@ihug.co.nz.


Jaareind-funksie in Ashburton

24 November 2007

Bring en braai met dans later die aand.

Die funkise is vir alle Suider-Afrikane: Engels sowel as Afrikaanssprekendes is baie welkom.

Eugene Blignaut het verskaf die dansmusiek, en daar sal 'n springkasteel vir die kinders wees.

Besonderhede:

24 November 2007 van 4:00 nm af.

Hockey Pavillion, Walnut Avenue, Ashburton

Bring u eie eetgerei, vleis om te braai en drinkgoed.

Bring slaai en pap of broodrolletjies om te deel.

RSVP en navrae: Jan of Arna by 03 302 6647


Braaidag in Christchurch op 30 September 2007

Erfenisdag wat in Suid-Afrika op 24 September gevier was, het Nasionale Braaidag geword. (Sien die braaidag webwerf vir meer inligting.)

Alhoewel ons nie in NZ 'n vakansiedag het op 24 September nie, reel SINZASA 'n braai op die naweek naaste aan die 24ste.

SINZASA Braai en Piekniek:

The Groyens, Area 1C
Sondag, 30 September 2007
Vanaf 12.30 nm.

Bring jou eie vleis, drinkgoed, slaaigoed, sitgoed en dies meer

Ook op die program:

Boeresport vir die kinders

Biltongkompetiesie, waar die beste biltongmaker van die NZ Suid-Eiland aangewys sal word. Kontak Rosanne vir 'n inskrywingsvorm.

Toegang is gratis vir opbetaalde SINZASA lede en $5 per gesin wat nie lede is nie.



Wen-idees vir geldbesparing in Nieu Seeland en Australië

Immigrasie na Nieu Seeland of Australië, kos vir meeste mense ‘n arm en ‘n been met die Rand / Dollar wisselkoers.

Vir idees om goedkoop en met baie pret te oorleef, beveel ons Fiona Lippey van Australië se webwerf Simple Savings aan. Dit help mense om tyd en geld tyd te spaar sodat hulle hul drome kan bewaarheid. Die webwerf fokus op die Australiese en Nieu Seelandse mark, maar het reeds heelwat lede vanoor die wêreld.

Daar is heelwat gratis wenke beskikbaar. Om vir ‘n jaar by die Savings Vault aan te sluit kos ‘n klein bedrag, maar dit is die geld deur en deur werd.

Kyk ook na die Kleingoed bladsy vir idees om jou kinders goedkoop by die huis besig te hou.


D J Opperman se Kleuterverseboek is ware Africana

D J Opperman se Kleuterverseboek is Africana wat na baie jare op openbare aandrang, nou weer beskikbaar is.

Hierdie klassieke kleuterverseboek se eerste uitgawe het in 1958 verskyn. Die tweede uitgawe is in 1981 uitgegee en sedertdien het Tafelberg Uitgewers nuwe oplae van hierdie uiters populêre boek gedruk. Die boek het 207 bladsye.

Vir ons en ons 6-jarige is dit 'n prettige boek wat al ure se plesier gegee het (en nog gaan gee) met onder andere vingerrympies, wiegeliedjies, uittelrympies, telrympies, dans en piekniekliedjies (soos die woorde van volkspeleliedjies), raaiselrympies, snelsêers en nog meer.....

Cora Coetzee se illustrasies maak dit 'n vreugde om na te kyk. Dit is vir ons wonderlik dat die gediggies, rympies en liedjies waarmee ons grootgeword het, in so 'n mooi boek met die nuwe generasie gedeel kan word. Die beste deel is dat ons dogter, hoewel sy hier in die Nieeu Seelandse kultuur grootword en Kiwikaans praat, soveel genot uit D J Opperman se kleuterverse put. (Kiwikaans is Afrikaans met 'n sterk Kiwi invloed en uitspraak.)

Die Kleuterverseboek is op Kalahari.net beskikbaar.

Ons het 'n versameling van tydlose Afrikaanse rympies vir kinders op hierdie webwerf, ideaal vir Afrikaans sprekende ouers wat iets uit hulle kinderjare met hul kinders wil deel.

Lees die Afrikaanse kinderrympies


Afrikaanse klanke op jou rekenaar

As jy 'n skaflike internet-konneksie het, kan jy maklik in kontak bly met die Afrikaanse taal.

Radio

Radio Sonder Grense is aanlyn, luster daarna op http://www.rsg.co.za/luister2.asp

Of besoek "South African radio online" vir 'n verskeidenheid van Suid-Afrikaanse radiostasies wat klank stroom.

Musiekvideos

YouTube.com maak dit vir ons moontlik om onder andere na musiekvideos te kyk. Loer gerus na kunstenaars soos:

Theuns Jordaan: Soos Bloed

David Kramer

Machiel Roets: Afrika Kind

Laurika Rauch: My Ou Tante Coba

Bok van Blerk: De la Rey
Kyk ook na deel een en deel twee van "Delarey Song - Why the outcry, Beloved country?" Dit is 'n nugter gesprek oor die huidige omstredenheid oor die De la Rey liedjie.

Randall Wicomb: Snoektyd

Steve Hofmeyr

Laurika Rauch: My Ou Tante Koba

Die Volkslied van Suid-Afrika

Televisie

Suid-Afrikaanse televisie is ook nie buite jou bereik net omdat jy in die buiteland woon nie. Besoek kuduclub.com en teken in om op hoogte te bly met Naspers se breeband-diens, wat Siud-Afrikaanse sport en sepies insluit.


Suid-Afrikaanse kos in Christchurch

Ek het iewers gelees dat migrante 'n impak op die plaaslike kultuur begin maak wanneer hul getalle tot 1% van die totale bevolking groei. Een van die tekens dat dit gebeur het, is wanneer hul kos in deel van die plaaslike dieet vorm. Dit is interesant (en natuurlik lekker) om te sien hoe Afrikaanse woorde soos "boerewors", "biltong" en "rooibostee" stadigaan in die Kiwi woordeskat opgeneem word.

Die Christchurchse koerant "The Press" het die afgelope tyd 'n handvol artikels oor Suid Afrikaanse kos gepubliseer (sien Zest op www.stuff.co.nz/thepress). Die stories wissel van 'n onderhoud met Lize Smit van Safari Meats slaghuis tot boere-brekfis en Kaapse lekkernye.

So op die onderwerp van Suid-Afrikaanse kos: Peterjasie het 'n deeglike versameling tradisionele resepte.


Suid-Afrikaners Braai in Dunedin

Saterdag 13 Januarie 07 (as dit nie reen nie), om 16:00 vir 16:30 by Taeri Mouth

Aanwysings:

  • Volg die hoofweg tot by Green Island.
  • Volg die Brighton tekens deur Green Island.
  • Hou aan met die pad deur Waldronville, Brighton tot by Taeri Mouth.
  • Gaan oor die brug by Taeri mouth en verby twee afdraai paaie op jou regterkant wat Waihola toe wys. Die een is 'n grondpad en die tweede een is n teerpad.
  • Hou aan met die pad verby altwee afdraai paaie. Die pad kronkel na regs, en 'n entjie verder is daar 'n stuk grond sien met 'n uithangbord wat se dat BBQ toelaatbaar is.

Bring saam:

  • Eie Braai (weggooibare braai te koop by The Warehouse, omtrent $6).
  • Eie vleis, drinkgoed en eetgerei
  • Elke gesin bring 'n aparte bord eetgoed/slaai om met ander te deel.
  • Eie stoele en/of 'n kombers om op te sit en ‘n opvou tafeltjie om die weggooi braai op te sit.

Die strand is reg lanks die braai area. Daar is ook openbare toilette beskikbaar.

Kontak David en Lee Schoeman: davidschoeman@xtra.co.nz



Kers-byeenkoms in Ashburton

Jan Joubert skryf uit Hinds dat 'n Kerstyd-byeenkoms op 2 Desember by die Hockey Pavillion in Ashburton gehou gaan word.

Alle Suider Afrikaners is welkom. Die presiese tyd en koste is nog nie bekend nie, maar ons sal dit nader aan die tyd op hier bekend maak.


Verversings by Lucas Maree se Konsert

Ons probeer die toegang so bekostigbaar moontlik hou en daarom beplan ons op hierdie stadium nie om verversings in te sluit by die prys van die kaartjie nie.

Maar moenie bekommer nie - honger en dors sal julle nie ly nie.

Die Scholtze van die Suid-Afrikaanse winkel, Outside Africa, het aangebied om Suid-Afrikaanse lekkers, skyfies en pakkies koekies te verkoop.

Die De Beers van Value Video sal nie-alkoholiese drinkgoed verkoop.

Lize en Floris van Safari slaghuis gaan biltong verkoop teen $35 'n kilo. Ons stel voor dat julle biltong of droë wors vooraf bestel, sodat hulle nie met te min voorraad daar aankom nie. Kontak Safari slaghuis vir bestellings voor Vrydag, 29 September (03 389-7705 of safarimeats@xtra.co.nz)

Die Arts Centre is natuurlik tussen soveel cafe's en restourante dat konsertgangers maklik 'n uiteet, koffie, of glasie wyn voor of na die vertoning kan inpas.

Of as jy 'n ietsie vir jouself wou inpak om pouse te eet, is jy ook welkom.

Onthou om kontant saam te bring vir 'n CD of twee!

Daar gaan dalkies 'n prystrekking wees. Onthou dus om, vir die wis en die onwis, jou toeganskaartjie byderhand te hou.

Lees meer oor Lucas en Monica Maree se konsert


Syndicate content