Blogs

Luister na Lucas

Lucas MareeLukas en Monica Maree tree op 7 Oktober 2006 in Christchurch op.

As jy wonder hoe Lucas se stem nou weer klink, of hoe sy musiek deesdae klink, luister na hierdie kort snitte: Victoriabaai, Treklorrielied, Monica, Gebed In Die Laataand, Dooimansdeur en Kiekies In My Plakboek.

Lus om op 7 Oktober in Christchurch na hom te kom luister?

Lees meer oor Lucas en Monica Maree se konsert


Werksgeleenthede vir Suid-Afrikaners

'n Bespreking oor werksgeleenthede vir Suid-Afrikaners in Nieu Seeland vind plaas op Dinsdag 19 September om 6:30nm by die South Library in Beckenham.

Die sprekers, Lynette Morgan en Grant Paice, praat oor:

  • Kultuurverskille
  • Werksoek en onderhoude
  • Kiwi-werkgewers en die werksmark

Kontak asseblief vir Dalene Mactier: Mactier@xtra.co.nz of telefoon (03) 324-2590.



Kaartjies beskikbaar vir Lucas en Monica Maree se Konsert

Lucas MareeSaterdag, 7 Oktober 2006 om 7nm
The Great Hall, The Arts Centre of Christchurch

Kaartjies moet asseblief vooraf aangekoop word. Kontak: afrikaans@swart.co.nz of telefoonnommer (03) 359-0240.

Ouens wat vroeg spring, kry 'n gawe afslag:

  • Vroegkoop-afslagprys: $20 tot en met 30 September
  • Volprys $25 per kaartjie vanaf 1 Oktober
  • Kinders: $10
  • Skootsittertjies: gratis

Vertel almal!

Laat weet jou Afrikaanse vriende op die Suid-Eiland asseblief van hierdie gebeurtenis, sodat hulle ook van die plesierigheid weet. Dit sal darem 'n skade wees as daar Lucas-bewonderaars in die omgewing is, wat eers na die konsert moes hoor dat hy hier was.

Advertensie-materiaal om tuis te druk is beskikbaar.


Besonderhede: Lucas en Monica Maree se konsert in Christchurch

Saterdag, 7 Oktober 2006 om 7nm
The Great Hall, The Arts Centre of Christchurch

Hoek van Worcester Boulevard en Rolleston Ave

Vroegkoop-afslagprys: $20 tot en met 23 September,
volprys $25 per kaartjie vanaf 24 September
Kinders: $10
Skootsittertjies: gratis

Sitplekke het nie nommers nie. Bring kontant saam vir parkeergeld, verversings en CD's.

Kontak: afrikaans@swart.co.nz of telefoonnommer (03) 359-0240

Lees meer oor Lucas Maree se konsert in Christchurch.



Afrikaanse Rympies vir Kinders

Ons het 'n versameling van tydlose Afrikaanse rympies vir kinders bygevoeg – spesiaal vir Afrikaans sprekende ouers wat iets uit hulle kinderjare met hul kinders wil deel.

Lees die Afrikaanse kinderrympies


Kerkdienste in Suid-Canterbury

Jan en Arna Joubert het uit Hinds, naby Asburton, laat weet dat 30 Julie 2006 se kerkdiens in Hinds baie geseënd was. 58 volwassenes en 25 kinders het dit bygewoon.

Lees meer oor toekomstige eredienste in Suid-Canterbury 


Kaapse boekwinkel verkoop Africana en ander boeke aanlyn

Neels Loubser is bedryf 'n klein Tygerbergse boekwinkeltjie genaamd Tierberg Boeke, wat gehalte Afrikaanse boeke vir Volwassenes, Kinders en Kleuters aanhou. Die goeie nuus vir liefhebbers van Afrikaanse boeke wat in die buiteland woon, is dat Neels 'n aanlyn boekwinkel ook het: www.maroelaboeke.co.za.

Sommer so met die eerste rondkrap op Maroela Boeke se webwerf het ek 'n paar van Hennie Aucamp se boeke raakgeloop wat my nou erg in die versoeking stel. Die kookboeke lyk ook glad nie sleg nie!


Lucas Maree konsert in Christchurch

Die Afrikaanse Klub van NZ in Auckland bring Lucas Maree na NZ vir 'n landwye toer wat saamval met hul Kiwikasiefees in Auckland.

Volgens voorlopige reelings gaan Lucas op Saterdag, 7 Oktober 2006, in Christchurch optree.

Lucas is die skepper-kunstenaar van liedjies soos Droomvrou, Miljoen en Victoriabaai. Dit sal nie sy eerste besoek aan Nieu Seeland wees nie, aangesien hy sowat 6 jaar gelede 'n baie suksesvolle konsert in Auckland gehad het. Hierdie keer kom Monika (een van Lucas se twee musikale dogters) saam.

Lees meer oor Lucas Maree se konsert in Christchurch.


Canterbury Kleingoed Kuier in Augustus

Saterdag, 5 Augustus, 1 nm tot 3nm, by Playdayz Action Indoor Sport Stadium.

Lees meer oor die Canterbury Kleingoed speelgroep.


SA Kuns in Christchurch uitgestal

Rose-Marie Jensen (gebore Budler) woon in Christchurch. Sy kom uit Suid-Afrika en skilder graag Suider-Afrikaanse tonele. Tussen 18 - 30 Julie 2006 word haar, en ander kunstenaars, se werk uitgestal by Madrasstraat 515 in St Albans. Die uitstalling is tussen 9.30vm en 5.30nm oop.


Syndicate content