Die Suid-Eiland van NZ Potjie Koning Kompetisie
27 Februarie 2010, 11h00 by The Groynes
(inskrywings sluit op 20 Februarie 2010)
Inskrywingsfooi per span beloop $20
Die reels:
- Elke span moet minstens uit 2 persone bestaan
- Daar moet ten alle tye 'n spanlid by die stalletjie wees
- Enige grootte drie-poot pot kan gebruik word
- Alle voorbereiding moet op die perseel geskied
- Alleenlik gas mag gebruik word
Om saam te bring:
- Jou eie gas om die hitte te voorsien (ons mag nie oop vure gebruik nie)
- Eie bestanddele
- Jou eie kombuisgereedskap en eetgerei
Spanne moet tussen 11.00 - 11.30 begin kook
Die beoordeling vind deur die loop van die dag plaas en die finale beoordeling is om 16.00.
Die beoordelaars se beslissing is finaal.
Vanaf 17.00 vind die prysoorhandiging plaas.
Beoordeling geskied op grond van
- Oorspronklikheid
- Stalletjie
- Rou bestanddele
- Bykosse
- Potbrood / Nagereg
- Omgewing
- Toebehore
- Eetgerei
- Drinkgoed
- Algehele prentjie
- Voorkoms van die pot
- Smaak
- Persoonlikheid
- Familie / Span
Inskrywings vir die Christchurch kompetisie kan gedoen word by Chris Basson, Safari Meats, 235 Linwood Ave, Linwood. Chris het ook Potjiekos resepteboeke beskikbaar by Safari Meats teen $45 elk.
Verskeie streeks Potjiekos Koning-uitdun kompetisies in verskillende streke van die Suid-Eiland word beplan. Streekswenners is verantwoordelik vir hul eie reis en verblyfreelings in Christchurch gedurende die Finale kompetisie Die Suid Eiland Finale sal in Christchurch plaasvind, ongeveer gedurende Oktober 2010.
Meer oor SAFONZ:
SAFONZ is nie 'n sosiale klub nie, maar is gestig om funksies vir Suid Afrikaners te reël. Die kommiteelede se kontakbesonderhede is:
Werner Allers wj.allers@xtra.co.nz
Chris Basson safarimeats@ihug.co.nz
Pieter Brink brinkies@xtra.co.nz