Jaco se blog

Oujaarsdans en bring-en-braai in die "Deep South"

As julle belangstel om saam te jol, laat weet vir Alan Webster so spoedig as moontlik (voor 17 Desember) by 0274759520, sodat hulle kan weet vir hoeveel om reg te maak.

Koste is $5 per persoon bo 16, onder 16 is gratis.


Kersfees-fees by "The Arts Centre of Christchurch"

"The Arts Centre of Christchurch" hou 'n Internasionale Kersfees-fees op Sondag, 9 Desember 2007, tussen 11 vm - 2 nm. Hulle beplan om tien verskillende etniese gemeenskappe wat in Christchurch gevestig het, se Kerstradisies daar ten toon te stel.
Hulle het ook vir "Afrikaans in Christchurch" genooi om 'n kersboom daar te versier en ietsie van ons Kersfees te vertel.

Ons het lank geneem voor ons die aanbod aanvaar het, aangesien ons 'n nasie is wat uiteenlopende gewoontes en tradisies het en mens nie iets wil uitbeeld wat ander Afrikaanssprekendes uitgesluit gaan laat voel nie. Aan die ander kant, met ons navorsing het ons agtergekom dat ons Afrikaanse mense baie dinge in gemeen het met hoe ons Kersfees vier.

Ons boom sal seker nie heeltemal verteenwoordigend wees van alle volksgenote se kersbome nie, maar vir ons is dit hoe ons kersboom vanjaar daarna uitsien. Tans beplan ons om hom te versier met tuisgebakte soetkoekies, kralewerk wat deur Afrika hande gemaak is asook iets van ons Europese erfenis daar te he. Moet ook nie te verras wees as jy Afrikaanse Kersmusiek hoor nie.
As die weer mooi is, gaan ons in die "South Quad" wat van Hereford Street toeganklik is, staan. As dit reen gaan ons in die Great Hall wees. Met die wat die naweek-vlooimark ook aan is tussen 10 vm - 4 nm, is dit 'n lekker kans om bietjie daar rond te loop.

Kom maak gerus 'n draai!

Nog Christchurch Kerstyd goed wat jy nie wil misloop nie, is:

2 Desember
Smiths City Santa Parade om 2nm, Central City, Colombo/Kilmore Streets, Christchurch

8 Desember
Christchurch City Choir Messiah
Stadsaal
Koop kaartjies by Ticketek

9 Desember - 24 Desember
CCS Christmas Tree Festival
Christchurch Convention Centre

'n Versameling van 50 versierde Kersbome, by die Christchurch Convention Centre. Toegansfooi is betaalbaar11

10 - 24 Desember
The Christmas Grotto Experience
Daagliks 4nm tot 9:30 nm,
Naweke 10.30 vm to 9:30 nm,
Ou-Kersdag 10.30 vm to 11nm
meer details:
http://www.christmasgrotto.org.nz/


Kersfunksie in die "Deep South"

'n Kersfunksie vir Southland se Afrikaans- en Engelssprekende Suider-Afrikaners!

Wanneer: Sondag, 9 Desember 2007

Waar: Southland Ski and Runabout club, Invercargill

Program:

Die spit begin draai teen 12.00. Daag op enige tyd vanaf 12 uur tot 5 uur en kuier saam.

Aandete word teen 5 nm bedien.

Vader Krismis (Santa) na ete, omtrent 6 nm.

Alles behoort teen 7 nm klaar te wees.

Bring saam: Die vleis word is ingesluit aangesien dit 'n spitbraai is, maar bring asseblief jou eie drinkgoed en eetgerei. Bring ook bykos soos slaai, broodrolletjies en nagereg saam om te deel.

Koste: As gevolg van die kostes om die saal te huur en die skaap te voorsien, vra die organiseerders 'n donasie van R15 per gesin om die kostes te dek. Daar sal iemand by die ingang wees om die donasies in te vorder.

Vir die kleingoed: Bring 'n klein geskenkie (ongeveer $10 - $15 se waarde) per kind, om in Santa se sak onder die kersboom te sit sodat hy dit later kan uitdeel. Verseker asseblief dat die geskenke duidelik met hul name gemerk is.

Padaanwysings: Neem die pad na "Oreti Beach", kruis oor die Oreti rivier and aan die ander kant is daar 'n bord met al die verskillende clubs. Draai links en volg die pad na "Sandy Point", verby die Terrotonga resiesbaan, verby die "Speedway Track" tot jy die teken sien " SA Function ".

Kontak:

Alan.Webster@fonterra.com, 027-475-9520 of tuis by 03-217-6035.

Alan hulle hoop om 'n Nuwejaarsdans te reel vir 31 Desember 2007, en reelings sal by die funksie bespreek word.


Kuiersessie vir ma's en hul kleuters

Linda Klok, bied 'n tweede Suider-Afrikaanse kuiersessie aan vir beide Engelsprekende en Afrikaanssprekende ma's en hul kleuters.

Linda is ook 'n Total Learning boeke-agent en behoort haar katalogus ook daar te hê as jy van haar Kiwi kinderboeke wou aankoop.

Wanneer: Vrydag, 21 Desember om 10h00.
(dit gaan moontlik 'n vaste afspraak word vir die derde Vrydag van elke maand)

Waar: Friends,'n kleutervriendelike koffiewinkel gelee in die Elim Community Church gebou: 285 Cashel Street (naby Fitzgerald St), Christchurch

Koste: $5.90 - wat kinderspeelgrond en koffie insluit. Moet asseblief nie jul eie kos saambring nie - die koffiewinkel bied kos te kope aan.

Laat weet vir Linda voor Maandag 15 Oktober of jy kan kom, want sy moet spasie bespreek by telefoon 354 4951 of 021 02750930, epos: lklok@xnet.co.nz.


Danie Niehaus in Christchurch op Oukersaand

Sanger Danie Niehaus kom toer hierdie Kerstyd deur die land, as gas van Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland.

Op Maandag 24 Desember 2007 tree hy in Christchurch op, by die Rosebank Estate Winery Restaurant. 'n Heerlike Ou-kersaand-kuier met ete en konsert word beplan.

(Die Rosebank Restaurant restaurant is onlangs deur Johann en Hannetjie Scholtz oorgeneem, en is nou net die plek vir top gehalte biefstukke, ribbetjies en seekos in Suid-Afrikaanse styl.)

Kaartjies:

Volwassenes $25; Hoërskool- en Intermediêr $15; Laerskool en voorskools $10.

Ete (Bobotie en Rys) $5 per ete.

Kaartjies vooraf te koop by Outside Africa, Shop 1, Branston Centre, 383 Main South Road, Hornby

Skakel Johann en Hanna Scholtz by 03 323 7353 vir meer inligting of e-pos na rosebank@ihug.co.nz.


Jaareind-funksie in Ashburton

24 November 2007

Bring en braai met dans later die aand.

Die funkise is vir alle Suider-Afrikane: Engels sowel as Afrikaanssprekendes is baie welkom.

Eugene Blignaut het verskaf die dansmusiek, en daar sal 'n springkasteel vir die kinders wees.

Besonderhede:

24 November 2007 van 4:00 nm af.

Hockey Pavillion, Walnut Avenue, Ashburton

Bring u eie eetgerei, vleis om te braai en drinkgoed.

Bring slaai en pap of broodrolletjies om te deel.

RSVP en navrae: Jan of Arna by 03 302 6647


Braaidag in Christchurch op 30 September 2007

Erfenisdag wat in Suid-Afrika op 24 September gevier was, het Nasionale Braaidag geword. (Sien die braaidag webwerf vir meer inligting.)

Alhoewel ons nie in NZ 'n vakansiedag het op 24 September nie, reel SINZASA 'n braai op die naweek naaste aan die 24ste.

SINZASA Braai en Piekniek:

The Groyens, Area 1C
Sondag, 30 September 2007
Vanaf 12.30 nm.

Bring jou eie vleis, drinkgoed, slaaigoed, sitgoed en dies meer

Ook op die program:

Boeresport vir die kinders

Biltongkompetiesie, waar die beste biltongmaker van die NZ Suid-Eiland aangewys sal word. Kontak Rosanne vir 'n inskrywingsvorm.

Toegang is gratis vir opbetaalde SINZASA lede en $5 per gesin wat nie lede is nie.



Wen-idees vir geldbesparing in Nieu Seeland en Australië

Immigrasie na Nieu Seeland of Australië, kos vir meeste mense ‘n arm en ‘n been met die Rand / Dollar wisselkoers.

Vir idees om goedkoop en met baie pret te oorleef, beveel ons Fiona Lippey van Australië se webwerf Simple Savings aan. Dit help mense om tyd en geld tyd te spaar sodat hulle hul drome kan bewaarheid. Die webwerf fokus op die Australiese en Nieu Seelandse mark, maar het reeds heelwat lede vanoor die wêreld.

Daar is heelwat gratis wenke beskikbaar. Om vir ‘n jaar by die Savings Vault aan te sluit kos ‘n klein bedrag, maar dit is die geld deur en deur werd.

Kyk ook na die Kleingoed bladsy vir idees om jou kinders goedkoop by die huis besig te hou.


D J Opperman se Kleuterverseboek is ware Africana

D J Opperman se Kleuterverseboek is Africana wat na baie jare op openbare aandrang, nou weer beskikbaar is.

Hierdie klassieke kleuterverseboek se eerste uitgawe het in 1958 verskyn. Die tweede uitgawe is in 1981 uitgegee en sedertdien het Tafelberg Uitgewers nuwe oplae van hierdie uiters populêre boek gedruk. Die boek het 207 bladsye.

Vir ons en ons 6-jarige is dit 'n prettige boek wat al ure se plesier gegee het (en nog gaan gee) met onder andere vingerrympies, wiegeliedjies, uittelrympies, telrympies, dans en piekniekliedjies (soos die woorde van volkspeleliedjies), raaiselrympies, snelsêers en nog meer.....

Cora Coetzee se illustrasies maak dit 'n vreugde om na te kyk. Dit is vir ons wonderlik dat die gediggies, rympies en liedjies waarmee ons grootgeword het, in so 'n mooi boek met die nuwe generasie gedeel kan word. Die beste deel is dat ons dogter, hoewel sy hier in die Nieeu Seelandse kultuur grootword en Kiwikaans praat, soveel genot uit D J Opperman se kleuterverse put. (Kiwikaans is Afrikaans met 'n sterk Kiwi invloed en uitspraak.)

Die Kleuterverseboek is op Kalahari.net beskikbaar.

Ons het 'n versameling van tydlose Afrikaanse rympies vir kinders op hierdie webwerf, ideaal vir Afrikaans sprekende ouers wat iets uit hulle kinderjare met hul kinders wil deel.

Lees die Afrikaanse kinderrympies


Afrikaanse klanke op jou rekenaar

As jy 'n skaflike internet-konneksie het, kan jy maklik in kontak bly met die Afrikaanse taal.

Radio

Radio Sonder Grense is aanlyn, luster daarna op http://www.rsg.co.za/luister2.asp

Of besoek "South African radio online" vir 'n verskeidenheid van Suid-Afrikaanse radiostasies wat klank stroom.

Musiekvideos

YouTube.com maak dit vir ons moontlik om onder andere na musiekvideos te kyk. Loer gerus na kunstenaars soos:

Theuns Jordaan: Soos Bloed

David Kramer

Machiel Roets: Afrika Kind

Laurika Rauch: My Ou Tante Coba

Bok van Blerk: De la Rey
Kyk ook na deel een en deel twee van "Delarey Song - Why the outcry, Beloved country?" Dit is 'n nugter gesprek oor die huidige omstredenheid oor die De la Rey liedjie.

Randall Wicomb: Snoektyd

Steve Hofmeyr

Laurika Rauch: My Ou Tante Koba

Die Volkslied van Suid-Afrika

Televisie

Suid-Afrikaanse televisie is ook nie buite jou bereik net omdat jy in die buiteland woon nie. Besoek kuduclub.com en teken in om op hoogte te bly met Naspers se breeband-diens, wat Siud-Afrikaanse sport en sepies insluit.


Syndicate content