Jaco se blog

Kaapse boekwinkel verkoop Africana en ander boeke aanlyn

Neels Loubser is bedryf 'n klein Tygerbergse boekwinkeltjie genaamd Tierberg Boeke, wat gehalte Afrikaanse boeke vir Volwassenes, Kinders en Kleuters aanhou. Die goeie nuus vir liefhebbers van Afrikaanse boeke wat in die buiteland woon, is dat Neels 'n aanlyn boekwinkel ook het: www.maroelaboeke.co.za.

Sommer so met die eerste rondkrap op Maroela Boeke se webwerf het ek 'n paar van Hennie Aucamp se boeke raakgeloop wat my nou erg in die versoeking stel. Die kookboeke lyk ook glad nie sleg nie!


Lucas Maree konsert in Christchurch

Die Afrikaanse Klub van NZ in Auckland bring Lucas Maree na NZ vir 'n landwye toer wat saamval met hul Kiwikasiefees in Auckland.

Volgens voorlopige reelings gaan Lucas op Saterdag, 7 Oktober 2006, in Christchurch optree.

Lucas is die skepper-kunstenaar van liedjies soos Droomvrou, Miljoen en Victoriabaai. Dit sal nie sy eerste besoek aan Nieu Seeland wees nie, aangesien hy sowat 6 jaar gelede 'n baie suksesvolle konsert in Auckland gehad het. Hierdie keer kom Monika (een van Lucas se twee musikale dogters) saam.

Lees meer oor Lucas Maree se konsert in Christchurch.


Canterbury Kleingoed Kuier in Augustus

Saterdag, 5 Augustus, 1 nm tot 3nm, by Playdayz Action Indoor Sport Stadium.

Lees meer oor die Canterbury Kleingoed speelgroep.


SA Kuns in Christchurch uitgestal

Rose-Marie Jensen (gebore Budler) woon in Christchurch. Sy kom uit Suid-Afrika en skilder graag Suider-Afrikaanse tonele. Tussen 18 - 30 Julie 2006 word haar, en ander kunstenaars, se werk uitgestal by Madrasstraat 515 in St Albans. Die uitstalling is tussen 9.30vm en 5.30nm oop.


Nuwe tuiste vir hierdie webwerf

Afrikaans in Christchurch het 'n nuwe tuiste gevind. Hierdie webwerf was tot so drie dae gelede op Aquinin.com gehuisves, maar ons het dit nou na Swart.co.nz toe geskuif.

Instandhouding gaan nou heelwat makliker wees, want die nuwe webwerf loop nou op Drupal.

Drupal is 'n "Content Management System" (Inhoudbestuurs-stelsel?) wat die taak om inhoud by te voeg en in stand te hou vereenvoudig. Mens kan vanaf enige rekenaar wat aan die Internet gekoppel is op die stelsel inteken, wat handig is, maar daar is nog voordele.


Syndicate content