Antieke Kinderverse
Antieke Africana: gediggies uit die ou, ou dae, uit die boek "Kinderrijmpies vir Afrikaanse Kinders verzameld deur Tante Kota met prentjies van R Keet", in 1917 uitgegee deur JH De Bussy Holland-Afrikaanse Uitgewers.
In haar voorwoord skryf Tante Kota onder andere: " Ik het die voorreg gehad om, toen ik 'n kind was, 'n ouma te he die bij ons in die huis gewoon het. Van haar het ik baing Hollandse en Afrikaanse rympies geleer. Daarom ag ik dit 'n groot eer om die boekie van kinderrijmpies aan die moeders van Suid-Afrika aan te bied. Dit is nie volmaak nie, maar dit is die eerste van die soort wat sij oorsprong in Suid Afrika het en daar is genoeg in om aan ons klein kindertjies, die nog op ons skoot zit, voor te se."
Vir ons is dit oulik om van die gediggies wat vandag in 'n maklik verstaanbaarder Afrikaans is, te eien. Hier is 'n paar van hulle:
Moeder Maria zit onder die trap
zij voer haar kinders met suiker en pap
Josie moet naar school toe gaan
Moeder, ik het geen schoene aan
Trek jou vader zijn stevels aan
Gaat daarmee naar Spanje
Van Spanje naar Oranje
Van Oranje naar die zee
Breng een mandjie vol appeltjies mee
-oOo-
Slaap, kindjie, slaap
Daar buiten loopt 'n schaap
Met vier witte voetjies
Die melk die loopt zo zoetjes
De schaapje is bont
Maar die melk is gezond
Die melk die loopt rond
in kindjie zijn mond.
-oOo-
Triepe Trappe Trone
Die varkies in die bone
Die koeie in die klaver
Die perdjie in die haver
Die gansies op die groene gras
Die eendjies op die waterplas
Ik wens dat kindje groter was
Om gansies en eendes op te pas
-oOo-
Aljanner aljanner al deur die bos
Mij papa en mama eet lekker kos
-oOo-
Waai weste windje waai
Draai kleine molen draai
Die molenaar moet maal
Die garst die koren en rog
Die meel komt die bakker haal
Die kneed het in zijn trog
En bakt voor klein en groot
Die lekker boerebrood
-oOo-
Klaas vakie kom
Klaas vakie kom
Hij kom al deur die schoorsteen in
-oOo-
Klaas Vakie die kom bij die skoorsteen in
Hij vra waar klein Annatje is
Sij le op haar bedje soet en stil
En sij maak har oogies toe
-oOo-
Daar zat een aapje op een stokje
Acheter moeders keuken-deur
Hij had een gaatje in zijn rokje
Daar stak het schelmpie zijn staartjie deur
-oOo-
Duimpie
Duimpie ze maat
Lange Laat
Piet lange Booie
En spring in die kooie
-oOo-
Kinnewipken
Rozelipken
Neuzetipken
Brauwke-bruin
Wip, op de kruin
-oOo-
Hier tjiep tjiep
Daar tjiep tjiep
Woerts in die hoekie
-oOo-
"Eier gele! eier gele!" se die hoender
"Waar, waar?" (sag) se die makouw
"Om die hoek; om die hoek (vinnig) se die kalkoen
"Ka, ka, ka, ka!" lag die ganse.