Afrikaans in die Christchurch Biblioteek
Dis 'n klein versameling, maar daar 'n paar Afrikaanse kinderboeke en storie CD's in die kinderbiblioteek op die grondvloer. Op die eerste vloer by die World Language Collection is daar 'n paar Afrikaanse boeke (fiksie en nie-fiksie) en tydskrifte. As jy 'n biblioteeklid is, mag jy dit gratis uitneem. Boeke word vir 'n maand uitgeneem en tydskrifte word vir 'n korter periode uitgereik.
As jy nie kans sien om stad toe te gaan nie, kan jy boeke via hul webwerf bestel met jou biblioteekkaartjie. Daar is 'n klein koste aan verbonde maar die boek sal dan na jou plaaslike biblioteektak gestuur word sodat jy dit daar kan kry. Boeke kan ook by enige Christchurch City Library tak ingehandig word.
Blykbaar is daar nogal baie beweging in die versameling van tyd tot tyd, maar dit
klink asof baie mense nie bewus is dat die kinderboeke geskuif het nie en daarom lyk of dit nie baie gebruik word nie. Hoe meer ons dit gebruik, hoe groter is die kans dat die versameling uitgebrei kan word. Daar is hoeka nou 'n klompie nuwe boeke op pad wat die Biblioteek vir ons Afrikaanse lesers bestel het.
As jy Afrikaanse boeke het waarvan jy wil ontslae raak, kontak my gerus vir meer inligting by marietjie@swart.co.nz As dit nuwerige boeke is (boeke wat in 'n goeie toestand is en wat jonger as 3 jaar is) kan dit in die versameling opgeneem word. As dit ou boeke is, kan dit dalk geskenk word aan die biblioteek se World Language Collection. (Die biblioteek verkoop ou boeke teen 'n nominale bedrag vir stuiwing van hul fondse.)
Die biblioteek reageer graag op terugvoer, en by die boekrak is 'n terugvoer boksie waarin jy dit kan pos. Terugvoer kan wees om probleme of komplimente deur te gee, asook om te se watter boeke jy graag in die versameling wil sien indien daar weer nuwe boeke aangekoop word.