Culture Galore 2010
Op Saterdag 13 Maart 2010, tussen 12 en 4 nm, vind die jaarlikse Culture Galore fees weer plaas in Ray Blank Park, Maidstone Road in Avonhead.
Culture Galore word deur die Stadsraad gereel vir verskeie etniese groepe wat in Christchurch woonagtig is, en maak deel uit van die Summer Time.
Daar is allerlei kos en kuns te koop beskikbaar van verskeie van die etniese groepe wat in Christchurch woonagtig is. Dit klink of daar oa boereworsbulle op die spyskaart gaan wees ;-)
Dalk wil jy self ietsie verkoop - kontak gerus een van die SAFONZ organiseerders:
Werner Allers wj.allers@xtra.co.nz
Chris Basson safarimeats@ihug.co.nz
Pieter Brink brinkies@xtra.co.nz