Piet Smit in Christchurch
Piet Smit, bekende Gospelsanger, het min bekendstelling nodig. Vir my sal hy altyd sinoniem wees met die Oorwinningslied, 'n lied wat ons "anthem" was by Lewensverrykingskursus naweekseminare wat ons bygewoon het.
Hier is 'n Nederlandse weergawe van die beminde lied op YouTube.
Die goeie nuus is dat Piet vir sy broer Basie kom kuier in NZ en selfs 'n draai by die Afrikaanse Kerk in Christchurch kom maak.
Die Piet Smit konsert vind plaas op 17 Februarie 2010, om 7.30 nm in die Yaldhurst Memorial Hall.
Koste: Maak 'n donasie by die deur.
CDs sal verkoop word.
Slegs 'n beperkte hoeveelheid sitplekke is beskikbaar.