Terugvoer oor die "Arts Centre Christmas Festival"
Afrikaans in Christchurch was genooi om saam met ander kulturele groepe by die Arts Centre aan 'n "Christmas Festival" deel te neem op Sondag, 9 Desember 2007.
Ons direkte stalletjie bure was van die Poolse , Griekse, Joego-Slawiese, Indiese en Amerikaanse gemeenskappe. Meeste van die stalletjies het bobaas-kersgebak verkoop en daar was ook 'n paar puik naaldwerksters wat handgekwilte, geweefde en gehekelde kersversierings en geskenke verkoop het.
Toegang was gratis terwyl mens jou kon verkyk en verluister aan die mooi danse en musiek wat gemaak is. Met die wat die Arts Centre oor naweke 'n verskeidenheid kosstalletjies het wat kos verkoop, het meeste mense die kans benut om sommer middagete daar te koop en daar te eet terwyl hulle 'n skouspel geniet. Die gratis program het bestaan uit:
11.00 - 11.30 Musica Balkanica (Musiek uit die Balkanlande)
12.00 - 12.30 Musica Balkanica
12.30 - 13.30 Garden City Symphony Orchestra
13.30 Griekse Danse
14.00 Fillipynse Danse
Die musiek en kersboomuitstalling het plaasgevind in die Suidelike deel van die Arts
Centre en die gereelde naweek vlooimark wat ook by die Arts Centre plaasvind, het ook voortgegaan.
Ons fusion kersboom was getooi met tuisgebakte eg-Afrikaanse soetkoekies wat mooi gemaak is met lollies wat binne in dit gebak is.
Daar was ook handgemaakte (ingevoerde) kralewerk van Kaapstad aan die boom wat deur 'n talentvolle kunstenaar daar gemaak is.
Ons het ook iets van ons Europese erfenis daar gehad in die vorm van Europese
kersversierings. Ons het immers 'n reenboogtaal - ons versierings het gepoog om dit uit te beeld. Ons het ook 'n paar treffende Christelike boodskappies in Engels daar gehad, sodat almal kon verstaan oor Wie Kersfees vir ons gaan
Die weer het mooi saamgespeel met die wat dit 'n sonnige en warm dag was. Die son het pragtig deur die lekkers in die koekies en die glaskrale geskyn en dit 'n ander dimensie gegee. Ons het ook 'n versameling Afrika-diere wat uit krale gemaak is, op die boom gehad wat nogal vir baie uitroepe van verwondering gesorg het. Dit het so bietjie gevoel of ek in die Kruger Nasionale Park gesit het ;-) Die stalletjie het nogal belangstelling gelok, seker omdat die boom redelik uniek versier was.
Aanvanklik het ons getwyfel of ons die aanbod om uit te stal moes aanvaar het, want ons 'n nasie is wat uiteenlopende gewoontes en tradisies het en mens nie iets wil uitbeeld wat ander Afrikaanssprekendes uitgesluit gaan laat voel nie. Aan die ander kant, met ons navorsing het ons agtergekom dat ons Afrikaanse mense baie dinge in gemeen het met hoe ons Kersfees vier.
Daar was 'n plakaat met die volgende inligting op vir besoekers om te lees:
+++++++++++
Country of Origin: The Afrikaans language and culture originates from South Africa. The language developed among the early settlers from Dutch, German and French origin, as well as the Malay who were brought to South-Africa in the 17th century.
Brief history of settlement in /Christchurch/ New Zealand
While South Africans have been migrating to New Zealand in small numbers for many years, this started to increase significantly during the last 15 years. Although the low level of crime is one of the primary reasons that makes New Zealand a popular destination, South Africans find that they fit in well with the Kiwi style of living, and embraces their new country.
According to Statistics New Zealand there were over 41 000 South African migrants living in NZ during 2006. Almost 27 000 of these were Afrikaans speaking. Approximately 3 500 South Africans live in Christchurch and a 30 to 40 % are estimated to speak Afrikaans.
Celebration Date: Christmas Eve on 24 December and Christmas day on 25 December
Christmas Traditions: For the majority of Afrikaans people, Christmas is a four-week long Christian festival known as Advent, celebrating the birth of Jesus Christ. It is usually celebrated with extended family.
The activities on Christmas Eve start with dinner and may be followed by carols, a
Nativity play if there are a number of children present to play in it, a Bible reading
and short prayer. The final item is the opening of the Christmas presents.
Christmas Day includes attending a church service, and a special Christmas Day lunch enjoyed with extended family.
Decorations are part of Christmas. While German-style decorations form the basis, it is common to adopt local styles and fashions. Fairly recently, African bead-craft Christmas decorations became apparent.
Traditional Christmas Foods: The choice of a Christmas menu depends on each family.
The traditional Christmas meal can include turkey, ham, leg of lamb, fried potato, yellow rice with raisins, vegetables and salads. Dessert may include a steamed pudding, complete with hidden coins, served with custard and sauce.
Because Christmas Day in South Africa is usually very hot, Christmas "braais" (BBQs) became traditional. A "braai" is to grill meat over fire and serve it with salads. Some people prefer a cold meat-and-salad picnic. A favourite cold Christmas dessert would be trifle: sherry-sprinkled sponge cake, combined with fruit, nuts and preserved ginger, a layer of jelly covered by a layer each of custard, and whipped cream.
Treats available during the Christmas season includes tins filled with home baked
biscuits such as sweet biscuits ("soetkoekies"), coffee biscuits ("koffiekoekies"),
brandy-drenched fruit cake, handtertjies and home-made ginger beer
"Happy Christmas" in language of country of origin: Geseënde Kersfees!
Organisation contact details: Afrikaans in Christchurch
Website: www.afrikaansinchristchurch.org.nz
+++++++++++
Dit was lekker om deel te kon wees van die geleentheid. Dalk is ons weer volgende jaar daar. Miskien is daar selfs 'n Brokkiesleser wat volgende jaar saam met ons by die stalletjie wil help beman.